Knuppeldik Aan Koningskos
Fit For A King


Geskiedenis


Die voorwoord is deur mev Snow Cruywagen, voormalige administrateursvrou van Transvaal, geskryf.

Die Engelse weergawe, "Fit for a King", is vanaf 1989 beskikbaar.


Die verkope van die boek het egter so goed gevaar dat 'n Trust in 1991 gestig is. Die opbrengs van die boek word aan maatskaplike dienste in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens geskenk. Talle bejaardes, gestremdes en ander maatskaplike gevalle in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens word deur die skenkings gehelp.


Die boek is 'n absolute wenner vir elke vrou (of man) wat graag in die kombuis eksperimenteer of wil uithang vir 'n spesiale geleentheid. Die resepte is prakties en die metodes is logies uiteengesit. Probeer gerus die Saratogatert van Paraguay op bladsy 330 en laat die komplimente inrol! Die sjokoladekoek is eweneens 'n treffer.


Uitstaande kenmerke van die boek is dat ou en nuwe mates aangedui word. Die meerderheid bestanddele is in die kombuis. Elke bladsy het oulike lewenswaarhede, onder andere van Langenhoven.


Die grootte van die druk is maklik leesbaar en die boek se formaat verseker maklike hantering en berging.'n Paar resepte vir 'n groot groep gaste soos byvoorbeeld troues is ook ingesluit. Die likeurs in die drankie afdeling is opvallend nuut en anders.


Die "Stroganoff met 'n verskil" is 'n watertandlekker resep. Resepte vir gemaalde vleis is vir daardie besige dae met die waterblombobotie wat uitstaan. Die warm koringslaai en macaronislaai met biersous bring baie moontlikhede vir die kok na vore.


Die boek bevat 'n hoofstuk oor wildsvleis asook spyskaarte vir 'n sjampanje ontbyt. Mooi kleurfoto's is van sekere resepte geneem en dit komplimenteer die boek.